top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die hof verklaar die Wet op Mediese Skemas as grondwetlik

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jun 19
  • 1 min read

Die wetsartikel van die Wet op Mediese Skemas, wat die laaste paar jaar in omstredenheid gehul is, is nié ongrondwetlik nie.


Dié wetsartikel het die laaste paar jaar in die kollig gekom toe swart dokters en ander gesondheidspraktisyns se klagtes gelei het tot ’n ondersoek om te bepaal of die toepassing daarvan tot rassediskriminasie lei. Die wetsartikel laat mediese fondse toe om betalings aan dokters te verhaal wat verloor is weens bedrog, vermorsing en misbruik.


Netwerk24 berig SASP Commercial Affairs het 'n aansoek teen die minister van gesondheid en meer as 90 respondente ingedien, onder andere mediese fondse. Die aansoek is van die hand gewys.


Die uitspraak ten gunste van mediese fondse is deur die Gesondheidsfinansiersvereniging (HFA) verwelkom. Die HFA sê die uitspraak het die grondwetlikheid van die wetsartikel gehandhaaf as deel van die statutêre verantwoordelikheid van mediese fondse om lede se geld te beskerm.


Die uitvoerende hoof van die HFA, Thoneshan Naidoo, sê die uitspraak bevestig die verantwoordelikheid van mediese fondse om lede se bydraes veilig te hou en te verseker dat gesondheidsorgfinansiering gepas, volhoubaar en tot voordeel van lede gebruik word.


Ter illustrasie. FOTO: Medical Aid Quotes
Ter illustrasie. FOTO: Medical Aid Quotes

 
 
 

Comments


bottom of page