Die hof verwerp die MK-party se uitdaging van Mchunu se spesiale verlof
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 1, 2025
- 1 min read
Oudpresident Jacob Zuma en sy MK-party (MKP) se dringende aansoek om die grondwetlikheid van die minister van polisie, Senzo Mchunu, se plasing op spesiale verlof deur president Cyril Ramaphosa uit te daag, is deur die konstitusionele hof van die hand gewys.
Netwerk24 berig dit volg nadat betoë hieroor in die konstitusionele hof gelewer is.
Die MKP het ook gevra om Ramaphosa se aanstelling van Firoz Cachalia as waarnemende polisieminister, en die aanstel van 'n ondersoekkommissie na bewerings van politieke inmenging in die polisie, ongeldig en onwettig te verklaar.






Comments