Die hof vonnis ’n skaapdief tot 15 jaar tronkstraf

’n Man is tot 15 jaar direkte tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die diefstal van merinoskape op ’n plaas naby Soutpan.
Volgens die polisie is 21 skape ter waarde van sowat R42 000 op 24 April 2024 gesteel. Plaaslike polisie het die verdagte dieselfde dag in hegtenis geneem.
Sewentien van die skape, ter waarde van sowat R34 000, is later op ’n ander plaas in die Soutpan-gebied teruggevind.
Ompi Gert Thaele is tydens die hofverrigtinge op borgtog vrygelaat, maar het ná ’n paar hofverskynings versuim om in die hof te verskyn. Hy is ingevolge ’n lasbrief in Augustus vanjaar weer in hegtenis geneem.
Die Bloemfonteinse Landdroshof het hom tot nog ses maande tronkstraf gevonnis omdat hy nie in die hof verskyn het nie. Dié vonnis loop gelyktydig met die 15 jaar.








Comments