Die hofstryd teen die Onteieningswet begin
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 7 hours ago
- 1 min read
Die langverwagte hofstryd oor die grondwetlikheid van die Onteieningswet het Maandag in die Hooggeregshof in Kaapstad begin.
AfriForum en ander partye voer aan dat die wet die fundamentele reg op privaat eiendom bedreig. Die hof sal dié week besluit watter organisasies as applikante, respondente of vriende van die hof tot die saak toegelaat word.
Volgens die hoof van openbare betrekkinge by AfriForum, Ernst van Zyl, kan die uiteindelike uitspraak verreikende gevolge vir eiendomsreg in Suid-Afrika inhou.
LUISTER HIER:
Ernst van Zyl







Comments