Die hofverrigtinge-video in die kleuterdwelmsaak moet van Facebook verwyder word
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 1, 2025
- 1 min read
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) veroordeel die onwettige regstreekse uitsending van hofverrigtinge met betrekking tot ‘n minderjarige.
'n Facebook-rekening het die hofverrigtinge van die staat teen die moeder en drie medebeskuldigdes in die Johannesburg-landdroshof in Gauteng onwettiglik regstreeks uitgesaai.
Die saak gaan oor ‘n virale video van ‘n vierjarige kind wat na bewering ‘n middel saam met die beskuldigde rook.
Cape Argus berig die NVG sê die regstreekse uitsending oortree die Wet op Kindergeregtigheid, ontbloot die kind se identiteit en stel die kind se veiligheid en waardigheid moontlik in gevaar.
Die NVG se streekwoordvoerder, Phindi Mjonondwane, doen ‘n beroep op die Facebook-rekeningeienaar om die regstreekse uitsending te verwyder.
LUISTER:






Comments