top of page

Die hoof van die ondersoekdirektoraat teen korrupsie ontvang ‘n doodsdreigement

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 7, 2025
  • 1 min read

Die hoof van die ondersoekdirektoraat teen korrupsie, advokaat Andrea Johnson, sê sy het ‘n doodsdreigement direk op haar selfoon ontvang.


Johnson het Donderdag voor die parlement se ad hoc-komitee verskyn wat polisiekorrupsie ondersoek.


Sy sê die dreigement het gekom nadat haar eenheid die hoof van misdaadintelligensie, luitenant-generaal Dumisani Khumalo, in hegtenis geneem het in verband met beweerde onwettige senior aanstellings.


Johnson sê die dreigement het haar en haar familie geraak, en dat veiligheidsmaatreëls sedertdien in plek gestel is om hul veiligheid te verseker.


Sy het die LP en EFF-leier, Julius Malema, gesê dat die boodskap van ‘n nommer gekom het wat nie by Rica geregistreer was nie.


LUISTER:




Andrea Johnson. FOTO: Times Live
Andrea Johnson. FOTO: Times Live

 
 
 

Comments


bottom of page