Die hoofverdagte in ‘n oud-Bloemfonteiner se moordsaak is noodlottig gewond

Die hoofverdagte in die oud-Bloemfonteiner, Olorato Mongale, se moordsaak is noodlottig deur die polisie by ‘n Amanzimtoti-woonkompleks gewond. Volgens polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, het die verdagte op polisiebeamptes losgebrand toe hulle by die kompleks aankom, wat tot 'n skietgeveg gelei het. The Citizen berig verder die ma en pa van een van die verdagtes wat met Mongale se dood verbind word, is in hegtenis geneem. Die pa is glo die eienaar van die wit VW Polo waarmee die verdagte Mongale by haar huis opgetel het, terwyl die ma glo haar seun laat weet het dat die polisie hom by sy ouerhuis kom soek het. Die oud-Bloemfonteiner was laas gesien voor sy na ‘n afspraak met haar vermeende moordenaar gegaan het. Mongale se liggaam is later in Lombardy-Wes met die hulp van gemeenskapslede deur die polisie gevind.








Comments