top of page

Die hooggeregshof in Bloemfontein sê ‘n fluitjieblaser hoef nie om verskoning te vra nie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 14, 2025
  • 1 min read

‘n Fluitjieblaser hoef nie om verskoning te vra, na sy die nasionale adjunkpolisiekommissaris op sosiale media daarvan beskuldig het dat hy omkoopgeld van ‘n vermeende ponzi-baas ontvang het nie. Netwerk24 berig die hooggeregshof in Bloemfontein het ook gelas dat die nasionale adjunkpolisiekommissaris, luitenant general Shadrack Sibiya, die hofaansoek se regskoste moet dra. Dit nadat hy die hof genader het om sy reputasie en integriteit te beskerm, toe die voormalige administrasie klerk in die polisie, Patricia Mashale, hom daarvan beskuldig het dat hy een van die mense is wat omkoopgeld van die diamantsmous Louis Liebenberg, ontvang het. Die regter was egter van mening dat Sibiya nie bewys het dat hy weens die uitlatings lei nie.

 
 
 

Comments


bottom of page