top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die hooggeregshof sê ook vir Dezzi nee

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 23, 2025
1 min read

Die 50-jarige Desiree Liebenberg, vrou van die vermeende diamantsmous Louis Liebenberg, se aansoek om teen die weiering van haar borgtog te appelleer, is in die Pretoriase hooggeregshof van die hand gewys. Maroela Media berig regter Mashudu Munzhelele het bevind die landdroshof op Bronkhorstspruit het nie gefouteer deur Dezzi, soos Desiree bekend staan, se borgtogaansoek te weier nie. Die hof het in November verlede jaar bevind Dezzi was onder meer nie eerlik met die hof oor waar sy gaan woon indien sy wel op borgtog vrygelaat sou word nie. Dezzi, Louis en nog sewe beskuldigdes, staan tereg op 59 aanklagte van bedrog, vyf aanklagte van swendelary, ses aanklagte van geldwassery, diefstal en verskeie statutêre oortredings.

 
 
 

Comments


bottom of page