top of page

Die hooggeregshof verwerp die Suid-Afrikaanse Arbeidsparty se aansoek om die Nasionale Dialoog te stop

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 20
  • 1 min read

Die Gauteng-hooggeregshof in Pretoria het die Suid-Afrikaanse Arbeidsparty se aansoek van die hand gewys om President Cyril Ramaphosa se besluit om ‘n Nasionale Dialoog byeen te roep, te stop. Regter AJ de Vos het gister uitspraak in die aansoek gelewer. Die Suid-Afrikaanse Arbeidsparty het ‘n dringende tussentydse interdik aangevra om die Nasionale Dialoog, wat op 15 Augustus sal begin, te stop. Die party het aangevoer dat die inisiatief onwettig en ongrondwetlik is.

 
 
 

Comments


bottom of page