top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die hoë druipkoers vir leerlingrybewyse wys bedrog word hokgeslaan

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 21
1 min read

Die skerp daling in leerlingrybewys-slaagsyfers sedert die nuwe aanlyn toetsstelsel ingestel is, dui volgens die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) daarop dat bedrog by toetssentrums moeiliker geword het.


Maroela Media berig woordvoerder Simon Zwane sê die laer slaagsyfers wys dat eksaminatore en aansoekers nie meer so maklik met die stelsel kan kul nie.


Volgens Zwane wys die nuwe stelsel ook dat baie aansoekers nie voldoende voorbereid is wanneer hulle die toets aflê nie.


Hy sê die RTMC het geen bewyse ontvang dat vrae dubbelsinnig of onnodig ingewikkeld geformuleer is nie.


Zwane voeg by die korporasie het ook geen tegniese probleme of sagtewarefoute geïdentifiseer wat tot die laer slaagsyfers kon bydra nie.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page