Die Hugenoot-tonnel sluit snags
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 13
- 1 min read
Om na die brandvoorval kritieke permanente herstelwerk te doen, sal die Hugenoot-tonnel met tye gesluit wees.
Luidens ‘n mediaverklaring van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) is noodherstelwerk reeds verlede maand voltooi, en is die tonnel veilig.
Die tonnel sal vir die res van November elke Dinsdag-, Woensdag- en Donderdagaand - van nege-uur die aand tot ses-uur die oggend vir verkeer gesluit wees.
Na beraming sal minder as 10% van die tonnelverkeer deur hierdie beplande sluitings beïnvloed word.
Sanral doen ‘n beroep op motoriste om alternatiewe roetes te gebruik, insluitend die Du Toitskloofpas, wat tot onlangs vir konstruksiewerk gesluit was.






Comments