Die identifisering van Zim-busongelukslagoffers word in Bfn voortgesit
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 7
- 1 min read
Die identifisering van die 11 mense wat verlede week in die N1-busongeluk tussen Trompsburg en Edenburg oorlede is, is voortgesit.
Die Vrystaatse premier MaQueen Letsoha-Mathae, die LUR vir Gesondheid, Monyatso Mahlatsi, en Zimbabwe se konsul-generaal in Johannesburg, Eria Phiri, het Donderdag in Bloemfontein bymekaar gekom.
Die identifiseringsproses vind by die Vrystaatse Regeringslykshuis plaas nadat lykskouings voltooi is.
Die gesondheidsdepartement se woordvoerder, Mondli Mvambi, sê sodra die nodige dokumentasie gefinaliseer is, sal die slagoffers se oorskot gerepatrieer word.
LUISTER HIER:
Mondli Mvambi








Comments