top of page

Die Inkomstediens kondig veranderinge aan

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 26
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens spoor werkgewers in Suid-Afrika aan om vir die 2026 Werkgewer-indieningsseisoen te begin voorberei.


Dit aangesien sommige verandering vroeg 2026 in werking sal tree.


Die Inkomstediens het verklaar dat werkgewers vanaf Februarie nie meer Lopende Betaalstelsel (LBS)-versoenings sonder ‘n geldige inkomstebelastingverwysingsnommer vir alle werknemers sal kan indien nie.


Die Inkomstediens sê dat versoenings sonder geldige inkomstebelastingnommers verwerp sal word en nie-nakoming tot administratiewe boetes sal lei.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

Comments


bottom of page