top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Inkomstediens vra insette oor ‘n digitale BTW-stelsel

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 52 minutes ago
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens versoek openbare kommentaar oor planne om ’n nuwe digitale BTW-stelsel in Suid-Afrika in te stel.


Die voorgestelde model sal e-fakturering, elektroniese verslagdoening en ’n stelsel wat veilige, byna intydse uitruiling van BTW-data moontlik maak, kombineer.


Die Inkomstediens sê die veranderinge kan voldoeningskoste vir besighede verminder, belastingadministrasie verbeter en help om bedrog op te spoor.


Die kommissaris, Johnstone Makhubu, sê insette van belanghebbendes sal help verseker dat die stelsel prakties en geskik is vir Suid-Afrika se behoeftes.


Belangstellendes het tot 16 Oktober om skriftelike kommentaar in te dien.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page