Die Inligtingsreguleerder vra antwoorde oor datalekke
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 10
- 1 min read
Die Inligtingsreguleerder wil meer besonderhede hê oor datalekke wat onlangs by twee finansiële instellings aangemeld is.
Standard Bank en Liberty het bevestig dat ’n ongemagtigde party toegang tot sekere kliëntdata verkry het. Albei instellings het kliënte verseker dat hul stelsels steeds operasioneel en veilig is.
Die omvang van die datalekke is egter nog nie bekend gemaak nie.
Die Inligtingsreguleerder sê hy is besig met ’n assessering en sal verdere inligting van die twee maatskappye aanvra.








Comments