Die Inligtingsreguleerder waarsku oor die gebruik van kameras by landgoedere
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 hours ago
- 1 min read
Die Inligtingsreguleerder van Suid-Afrika sê die gebruik van kringtelevisiekameras by beveiligde landgoedere kan indringend wees.
Navorsing toon dat toesigstelsels dikwels gesigbeelde en biometriese data vasvang sonder inwoners se toestemming of medewete.
Die reguleerder het onlangs ’n konsep-gedragskode vir beveiligde toegangsgebiede vir openbare kommentaar gepubliseer.
Die konsep stel beperkings op data-insameling voor, insluitend ’n verbod op onbepaalde berging van beeldmateriaal en bewaringsperiodes van tussen sewe en 30 dae.
Die reguleerder sê monitering moet hoofsaaklik gebruik word om misdaad af te skrik en ondersoeke te ondersteun.








Comments