top of page

Die jaarlikse inentingsveldtog teen servikale kanker begin weer

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 days ago
  • 1 min read

Die Departement van Gesondheid begin weer sy 2026 Menslike Papilloomvirus (MPV) inentingsveldtog vir meisies van nege jaar en ouer. Die inenting beskerm hulle teen kanker van die serviks.


Meer as 5 700 gevalle van servikale kanker word elke jaar aangemeld, met meer as 3 000 verwante sterftes. Sedert 2014 is meer as 3,6 miljoen meisies ingeënt – hoofsaaklik in openbare skole, alhoewel die program nou uitgebrei is om private en spesiale skole ook in te sluit.


Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê gesondheidsbeamptes versoek ouers en versorgers om toestemmingsvorms te onderteken, wat opgeleide gesondheidsorgwerkers in staat sal stel om die gratis, lewensreddende inenting in skole te kan toedien.


LUISTER:


Foster Mohale

Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix




Comments


bottom of page