Die jong Vrystater, George Roos, het ‘n beenmurg skenker gekry
- Armando Pieters

- Jun 5
- 1 min read
Die jong Vrystater, George Roos, het op sy 25ste verjaarsdag die goeie nuus ontvang dat hy ‘n uiteindelik ‘n geskikte beenburgskenker gekry het. Luidens ‘n plasing op die Heilbron Herald se sosiale media het Roos ‘n skedule ontvang en is die datum vir die oorplanting vir 2 Julie vasgestel. Rosestad-nuus het vroeër berig dat talle inwoners van sy tuisdorpe, Heilbron waar hy groot geword het, en Frankfort waana hy onlangs verhuis het, bymekaar gekom het om te toets of hulle vir hom beenmurg kan skenk. Dit nadat sy meenburg opgehou het om bloedplaatjies te vervaardig. Heilbron Herald sê verder die nuus is niks minder as ‘n wondewerk nie aangesien die beraamde kans om ‘n geskikte skenker te kry slegs een uit 100 000 is.





Comments