top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Joshlin Smith-saak bly ‘n aktiewe ‘n vermiste persoon ondersoek

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 13
1 min read

Die polisie in die Wes-Kaap het bevestig dat die ondersoek na Joshlin Smith se verdwyning steeds ‘n aktiewe vermiste persoon-saak is.


Dit volg op onlangse bewerings deur gemeenskapsaktiviste dat nuwe bewyse wat met die saak verband hou, in Saldanhabaai gevind is.


Hulle wil hê die polisie moet vasstel of verskeie items wat die afgelope twee jaar deur ‘n vrywillige soekspan gevind is, met die kind se verdwyning verbind kan word.


Spore van Smith se DNS is na bewering op sommige van die items gevind nadat ‘n afgetrede polisiebeampte haar haarmonsters gebruik het om die materiaal te toets.


Polisiewoordvoerder Andrè Traut sê enige inligting wat moontlik as bewys kan dien, sal behoorlik geëvalueer word.


Joshlin Smith. FOTO: BBC
Joshlin Smith. FOTO: BBC

 
 
 

Comments


bottom of page