top of page

Die Junior Springbokke lig weer na 13 jaar die trofee

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 21, 2025
  • 1 min read

RUGBY:  Die Junior Springbok-hoofafrigter, Kevin Foote, het sy span se oorwinning oor Nieu-Seeland in die Wêreldrugby o.20-kampioenskapsfinaal in Italië die naweek, aan hul bekende en kenmerkende Suid-Afrikaanse deursettingsvermoë en veggees toegewy. Die SA o.20-kaptein, Riley Norton, en die Junior Bokke het die o.20-kroon in Rovigo, Italië, gelig. Volgens SuperSport Schools het die oorwinning van 23-15, Suid-Afrika se eerste o.20-kampioenskapstitel in 13 jaar besorg. Dit na hul triomf oor Nieu-Seeland in die 2012-finaal by 'n stampvol Nuweland in Kaapstad. Die Junior Springbokke sal na verwagting Maandagoggend na Suid-Afrika terugkeer en in Johannesburg land voordat die spelers na hul onderskeie provinsiale unies terugkeer.

 
 
 

Comments


bottom of page