Die Kaapse Klopse kan vanjaar regstreeks op televisie gesien word
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 5
- 1 min read
Kaapstad se bekende en tradisionele "Tweede Nuwe Jaar", met ongeveer 20 000 deelnemers aan die Kaapse Klopse- parade, gaan vir die eerste keer op nasionale televisie uitgesaai word.
Die optog skop Maandag om 11:00 af, met die regstreekse uitsending wat om 12:00 op SABC2 begin.
EWN berig Kaapstad se woordvoerder, Luthando Tyhalibongo, sê na verwagting gaan tienduisende toeskouers langs die parade se roete staan soos dit deur die stad beweeg na die DHL-stadion. Die Kaapse Klopse Karnaval-Assosiasie se kompetisie sal dan om 17:00 begin.
Tyhalibongo sê die historiese uitsending sal alle Suid-Afrikaners die geleentheid gee om deel te hê aan die vreugde, trots en skouspel van die parade, wat dit weer as 'n verenigende kulturele oomblik sal herbevestig.







Comments