Die Kaapstad Marathon is gekanselleer – maar vindingryke drawwers maak 'n plan
- Ilde Roos

- Oct 19
- 1 min read
Die Sanlam Kaapstad Marathon is Sondag inderhaas weens veiligheidsredes gekanselleer.
Die organiseerders het op sosiale media aangekondig dat die meer as 24 000 deelnemers nie by die beginpunt moet rapporteer nie, aangesien sterk winde die begin- en eindpunt omgewaai het.
Maar Suid-Afrikaners is bekend vir hul vindingrykheid en deursettingsvermoeë en hul manier om ‘n tragedie in ‘n geleentheid te omskep.
Good Things Guy berig talle drawwers het groepe begin vorm en alternatiewe roetes geko-ordnineer. Sommiges het Chapman’s Peak begin uitdraf, ander is deur die stad, en ‘n paar dapperes het selfs ‘n roete na Llandudno begin aanpak.
Drawwer Jaryd Browne sê maande se voorbereiding kan nie so vermors word nie, so hulle het op die ingewing van die oomblik die sogenaamde Peak Marathon begin – ‘n roete vanaf Rock Pool na Suikerbossie en terug. Dié spontane marathon het om 06:30 dieselfde oggend nog begin.
Browne en sy spanne het selfs water- en voedselpunte langs die pad geko-ordineer, wat net weereens bewys Suid-Afrikaners maak ‘n plan.






Comments