top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Kango-grotte maak weer oop

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 11
  • 1 min read

Die Kango-grotte buite Oudtshoorn in die Klein Karoo gaan na verwagting weer oopmaak. Dit volg op die heropening van die R328 Kango-grottepad nadat dit sedert 9 Mei weens rotsstortings gesluit was.


Die Wes-Kaapse Departement van Infrastruktuur het meer as 7 000 ton puin verwyder.


Die woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, Candice Biscombe, sê die munisipaliteit is verheug om die amptelike heropening van Suid-Afrika se oudste toeriste-aantreklikheid aan te kondig.


Die Kango-grotte. FOTO: Oudtshoorn Tourism
Die Kango-grotte. FOTO: Oudtshoorn Tourism

 
 
 

Comments


bottom of page