Die kiesers-registrasienaweek het grootliks vlot verloop
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 22
- 1 min read
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sê sy kiesersregistrasieveldtog hierdie afgelope naweek het vlot verloop in al nege provinsies.
Die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, sê voorlopige syfers dui daarop dat die totale registrasie-aktiwiteit moontlik die eenmiljoenkerf oorskry het en dat baie van die eerste keer-registrasies jongmense was.
Die registrasienaweek was deel van voorbereidings vir die 2026 plaaslike regeringsverkiesing. Die OVK sal Maandagmiddag die finale data bekend maak.








Comments