Die kinderbeskermingsregister word glo verwaarloos
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 7, 2025
- 1 min read
Die Teddy Bear-stigting het die Gautengse Hooggeregshof genader om aksie te neem oor die beweerde verwaarlosing van die Nasionale Kinderbeskermingsregister.
Die saak spruit uit 'n voorval in 2022, waar owerhede glo versuim het om 'n versorger aanspreeklik te hou vir die verkragting van 'n leerder.
Die niewinsgewende organisasie, Section27, verteenwoordig die stigting.
Hulle wil hê dat die hof sleutel regeringsdepartemente moet opdrag gee om die register in stand te hou en te verseker dat hulle aan verslagdoening- en keuringsverpligtinge voldoen.
Volgens Section27 het hulle oor die afgelope twee jaar bevind dat provinsiale Departemente van Onderwys nie opvoeders teen die register keur nie.







Comments