Die Kirstenbosh-tuine loop deur oor The Kiffness se optrede
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Dec 29, 2025
- 1 min read
Updated: Dec 30, 2025
Die Palestynse Solidariteitsveldtog, Mothers4Gaza, en verwante organisasies is diep teleurgesteld dat die musikant David Scott, algemeen bekend as The Kiffness, toegelaat is om by die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin in Kaapstad op te tree.
Dié groepe het die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (Sanbi) en die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin daarvan beskuldig dat hulle grondwetlike en institusionele waardes skend, aangesien Scott volgens hulle 'n uitgesproke verdediger van militêre optrede teen die mense van Gasa is.







Comments