Die klanke van ABBA vul die Sand du Plessis-teater
- Armando Pieters

- Jun 15
- 1 min read
Die klanke van ABBA het die Sand du Plessis-teater gevul tydens die Bloemfonteinse Filharmoniese Orkes se Dancing Queen-huldeblykvertoning. Na 8 jaar het die orkes teruggekeer met ikoniese ABBA-gunstelinge gedirigeer deur Paul van Zuilenberg en sangopvoerings deur Sanli Jooste, Cezanne Yzelle en Elmarie Potgieter. Tydens die uitverkoopte vertoning was gaste getrakteer met treffers soos onder andere Chiquitita, Waterloo en Mamma Mia. Volgens Rosestad 100.6fm se Armando Pieters, wat ook die dwarsfluit in die orkes speel, raak die gevoel om voor so baie mense te speel nooit oud nie. Hy voeg by dit was 'n ongelooflike voorreg om musiek na die mense te bring en om saam met soveel talent op die verhoog te wees.





Comments