Die Klopjag-voorsanger verwelkom sy eersteling
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 3
- 1 min read
John-Henry Opperman, onder meer bekend as voorsanger van die musiekgroep Klopjag, en sy aktrisevrou Beáte, het hul eersteling, ʼn seun, op nuwejaarsdag verwelkom.
Maroela Media berig die Oppermans het ʼn foto van hul splinternuwe pienkvoet, Max Opperman op sosiale media gedeel.
Die egpaar het destyds saam die leefstylprogram Kampkos aangebied. John-Henry het onder andere ook op die kassie verskyn in die kykNET-sepie Binnelanders, waarin hy die rol van dominee Wynand du Plessis vertolk het. Beáte het self ʼn draai in Binnelanders as Nellie gemaak.







Comments