top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die KNP maak vir die feesseisoen gereed

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 4, 2024
  • 1 min read

Die Kruger Nasionale Park- (KNP) owerhede sê daar sal geen verdraagsaamheid teenoor oortreders hierdie feestyd wees nie. Dit nadat hulle sekuriteit opgeskerp het om te verseker dat besoekers by die reëls van die park hou. SABC News berig die park verwag meer as ‘n kwartmiljoen besoekers gedurende hierdie feesseisoen. Owerhede sê alle feesseisoenstelsels is gereed. Hulle het onder meer onlangs ’n kontantlose stelsel by van die hekke ontplooi. Skukuza Camp Gasvryheidsdienstebestuurder, Grant Grootboom, het dagbesoekers aangeraai om betyds te bespreek aangesien hekkwotas hierdie feesseisoen in plek sal wees. Die KNP maan ook dat weens ‘n toename in gesteelde voertuie wat gedurende vakansietye deur die wildtuin na Mosambiek vervoer word, voertuie sonder registrasienommers nie toegelaat sal word nie.

 
 
 

Comments


bottom of page