top of page

Die Konstitusionele Hof moet besluit oor Cholota se uitlewering uit die VSA

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 4, 2025
  • 1 min read

Die voormalige persoonlike assistent van die gewese Vrystaatse premier, Ace Magashule, sê daar was nog nooit ʼn wet in Suid-Afrika wat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) die mag gee om die uitlewering van voortvlugtiges uit ander lande aan te vra nie.


Moroadi Cholota het dié stelling in hofstukke na die Konstitusionele Hof gemaak.


Dit is in antwoord op die NVG wat die hof genader het om haar uitlewering uit die VSA wettig en geldig te laat verklaar. Die saak word Dinsdag in die Konstitusionele Hof aangehoor.


Die Bloemfontein-hooggeregshof het vroeër vanjaar bevind dat Cholota se uitlewering onregmatig was.


Moroadi Cholota. FOTO: Insider Chronicle
Moroadi Cholota. FOTO: Insider Chronicle

Comments


bottom of page