top of page

Die konstruksie van ‘n Vrystaatse polisiestasie is steeds nie voltooi nie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 10, 2025
  • 1 min read

Die konstruksie van 'n polisiestasie van miljoene rande in Odendaalsrus in die Vrystaat, wat in Augustus 2018 begin het, is steeds nie voltooi nie. SABC News berig dit is ten spyte daarvan dat R77 miljoen vir die projek begroot is. Teen Julie 2020 is R43 miljoen reeds aan die konstruksie bestee, maar die terrein is nou verlate. Die Nasionale Departement van Openbare Werke het die polisie blameer vir die gebrek aan fondse om die projek te voltooi. Hulle sê die projek is gestaak nadat die Suid-Afrikaanse Polisiediens nie spesialiste, insluitend landmeters en argitekte, betaal het nie. Intussen sê polisiewoordvoerder Athlenda Mathe egter dat hulle die departement van fondse voorsien het om die konstruksie van die polisiestasie te voltooi.

 
 
 

Comments


bottom of page