top of page

Die kragnetwerk bly onder druk

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • May 19
  • 1 min read

Die kragstelsel is stabiel genoeg dat beurtkrag sedert verledeweek Donderdagaand opgeskort is. Volgens ’n kennisgewing op Eskom se webwerf bly die netwerk egter onder groot druk, en noodreserwes is strategies ontplooi om spitsverbruik in die winter te hanteer. Onbeplande onderbrekings het sedert verlede week gestyg tot bo die drempel waar beurtkrag vermy kan word. Eskom waarsku teen onwettige verbindings wat transformators beskadig. Klante word versoek om elektrisiteit spaarsaam te gebruik. Eskom beplan om eerskomende Vrydag weer ’n hersiening deur te gee.

 
 
 

Comments


bottom of page