top of page

Die Kruger-wildtuin is waarlik 'Instagram-baar'

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Sep 19
  • 1 min read

Die Kruger Nasionale Wildtuin is amptelik gekroon as die "mees Instagram-bare safari-park in die wêreld".

Dit is volgens nuwe navorsing deur 'n vakansiemaatskappy in die Verenigde Koninkryk, Travelbag. Die Kruger-wildtuin deel dié eer met Tanzanië se Serengeti Nasionale Park.

Good Things Guy berig die navorsing het hutsmerke van Instagram en plasings van TikTok geanaliseer en so bepaal presies hoe populêr die Kruger-wiltuin is onder wêreldreisigers en sosialemediagebruikers. Meer as 'n miljoen hutsmerke op Instagram en amper 75 000 TikTok-plasings toon die Kruger-wildtuin se populariteit.

Toegangklikheid speel in rol in sy populariteit, aangesien besoekers die park in hul eie voertuie kan verken, in openbare kampeerplekke oornag, of luukse private lodges huur.

 
 
 

Comments


bottom of page