top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Krugerwildtuin verskerp veilgeidsmaatreëls

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 minute ago
  • 1 min read

SANParke sê bykomende veiligheids- en moniteringsmaatreëls word in dele van die noordelike Krugerwildtuin ingestel ná die moord op die Mosselbaai-egpaar, Ernst en Dina Marais.


Maroela Media berig die egpaar se liggame is Vrydag naby Crooks Corner in die Pafuri-gedeelte van die wildtuin ontdek.


Die egpaar se groen Ford Ranger-dubbelkajuit word steeds gesoek.


SANParke sê veiligheidskameras wys dat die voertuig nie deur enige van die wildtuin se toegangshekke of grensposte beweeg het nie. Veldwagters het egter spore ontdek van ’n voertuig wat vermoedelik deur die grensheining Mosambiek toe beweeg het.


Volgens SANParke is geen soortgelyke voorval nog in die Krugerwildtuin se meer as 100-jarige bestaan aangeteken nie.


Hulle voeg by ekstra veldwagters en tegnologie word nou in sekere gebiede ontplooi om veiligheid en monitering te versterk.


Dina en Ernst Marais. FOTO: Maroela Media
Dina en Ernst Marais. FOTO: Maroela Media

 

 
 
 

Comments


bottom of page