Die Kwagga-Grey-rugbywedstryd vind weens kostes nie plaas nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 23
- 1 min read
Stygende vervoerkoste begin nou ook 'n merkbare invloed op skolesport hê.
Hoërskool Outeniqua het aangekondig dat vanjaar se rugbywedstryde teen Bloemfontein se Grey College nie sal plaasvind nie.
Dit weens die hoë koste van vervoer, wat volgens die skool deur die konflik in die Midde-Ooste verder aangejaag is.
Outeniqua sê die besluit is nie ligtelik geneem nie en dat die skool Grey graag volgende jaar weer wil besoek.
Die aankondiging het egter gemengde reaksie op sosiale media ontlok.
Sommige ondersteuners sê hulle verstaan die finansiële druk, terwyl ander meen die geleentheid om teen Grey College te speel is te waardevol om prys te gee.








Comments