Die Kwaggas kom tóé Bloem toe
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 23
- 1 min read
Kort nadat Hoërskool Outeniqua aangekondig het dat sy rugbywedstryde teen Grey College in Bloemfontein nie sou plaasvind nie, het die skool bevestig dat die wedstryde tog sal voortgaan.
Al die A- en B-spanne sal die naweek van 8 Augustus in Bloemfontein teen Grey College speel.
Die skool sê hy is dankbaar teenoor die borge wat dit moontlik gemaak het en het ook om verskoning gevra vir die ongerief wat die aanvanklike kansellasie veroorsaak het.
Rosestad-nuus het vroeër berig dat Outeniqua die wedstryde gekanselleer het weens die hoë koste van vervoer, wat volgens die skool deur die voortslepende konflik in die Midde-Ooste verder aangejaag word.








Comments