Die laaste apartheids- en koloniale wette word dalk herroep
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 5
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa se kabinet het ingestem dat die wetsontwerp op die herroeping van sekere justisiewette uit die era voor 1994 by die parlement ingedien word vir verdere oorweging.
Maroela Media berig dié wetsontwerp is 'n inisiatief van die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling om verouderde, teenstrydige of oorblywende apartheids- en koloniale wette te skrap. Sodra die parlement die wetsontwerp goedkeur, sal die 149 spesifieke apartheidsera-wette wat tans nog amptelik geld, in geheel herroep word.
Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het Vrydag op ʼn mediakonferensie gesê die wetsontwerp poog om verouderde koloniale en apartheidsera-wetgewing te hersien en te herroep wat nie meer strook met die waardes van die demokratiese grondwetlike orde nie en nie meer ʼn praktiese doel dien nie.








Comments