Die laaste kiesersregistrasienaweek verloop vlot
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 3
- 1 min read
Die laaste kiesersregistrasienaweek is sonder noemenswaardige uitdagings regoor die land afgehandel.
Daar was berigte van minstens een gemeenskap in Limpopo wat die registrasie geboikot het, terwyl onrus ook in een gemeenskap in die Oos-Kaap aangemeld is.
Baie mense het stempunte besoek om hul registrasiestatus te bevestig.
Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê hy sal Vrydag die verkiesingsdatum afkondig.
Kiesers sal hul besonderhede op die Onafhanklike Verkiesingskommissie se aanlynportaal kan registreer en opdateer totdat die verkiesingsdatum amptelik afgekondig word. Geen nuwe registrasies of veranderinge aan kiesersbesonderhede sal daarna aanvaar word nie.
Intussen sê die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) hy gaan ’n bykomende gedragskode instel om waninligting voor Suid-Afrika se plaaslike regeringsverkiesing te bekamp. Die OVK se uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, sê die kode sal saam met die bestaande Verkiesingsgedragskode in werking tree sodra die verkiesingsdatum amptelik afgekondig is.








Comments