Die laaste staatsgetuienis in die Byenes-moord word aangehoor

Die staat se laaste getuie in die opspraakwekkende driedubbele moordsaak by die Byenes-dagsorgsentrum in Bloemfontein het Maandag sy getuienis begin.
Netwerk24 berig ’n werknemer van MTN, Trevor Sikhwari, het getuig oor die tegniese aspekte van hoe die verdagtes se selfoonsein deur selfoontorings in Bloemfontein bespeur is.
’n Oudwerker van die Byenes-dagsorgsentrum, Mpheng Anna Ntsoeu, en Katlego Ronald Moroe staan tereg weens die driedubbele moord op die eienaar van die dagsorgsentrum, Betsie Kruger, haar dogter, Janine Theron, en dié se man, Christo. Ná Sikhwari se getuienis sal die staat na verwagting sy saak sluit en die verdediging sal dan hul saak stel.
Ntsoeu en Moroe het vroeër ontken dat hul selfoon ten tyde van die drie moorde in die omgewing van die moordhuis bespeur is. Daar is vroeër berig dat Moroe en Ntsoeu se gedeelde selfoon by ’n toring by die Nasionale Hospitaal bespeur is, wat die naaste selfoontoring aan die Byenes-dagsorgsentrum is.









Comments