top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Saccawu eis 'n ondersoek ná 'n dood in 'n rolmeulmasjien

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
11 minutes ago
1 min read

Die vakbond Saccawu dring aan op ’n ondersoek na die dood van ’n werker, Victor Polori, by LFC Milling in Wesselsbron in die Vrystaat. Die vakbond sê Polori het in ’n rolmeulmasjien beland en later aan sy beserings beswyk.


Die Departement van Indiensneming en Arbeid het ’n verbodsbevel teen die maatskappy uitgereik. Saccawu eis dat die masjinerie, veiligheidsmaatreëls en werksomstandighede wat met die voorval verband hou, ondersoek word.


Die vakbond sê ook dat werkers wat die voorval gesien het, nie onmiddellike berading ontvang het nie, maar dat ondersteuning nou ná die vakbond se ingryping gebied is.


FOTO: Departement Indiensneming en Arbeid
FOTO: Departement Indiensneming en Arbeid

 
 
 

Comments


bottom of page