top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die VF Plus se naam pronk bo-aan die stembrief

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
2 minutes ago
1 min read

Die VF Plus se naam sal heel bo-aan die proporsionele stembrief op 4 November verskyn.


Die party het Woensdag die loottrekking vir die boonste posisie op die stembrief tydens die Verkiesingskommissie (OVK) se seremonie vir die ondertekening van die nasionale gedragskode by die Gallagher-konvensiesentrum in Midrand gewen.


Dié trekking word in aanloop tot verkiesings gedoen om te verseker dat die posisie waarvolgens politieke partye op die stembrief verskyn billik en lukraak bepaal word.


Maroela Media berig die res van die deelnemende politieke partye sal daarna in alfabetiese volgorde verskyn.


Die loottrekking vir die boonste posisie op die stembrief. FOTO: Maroela Media
Die loottrekking vir die boonste posisie op die stembrief. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page