Die land se top vroue wetenskaplikes en navorsers word in Bloemfontein gevier
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 23, 2025
- 1 min read
Tydens Vrouemaand-vieringe het die kollig na Bloemfontein gedraai vir die gesogte Suid-Afrikaanse Vroue in Wetenksap-toekennings. Die SAWiSA-toekennings vier volgens SABC News die uitnemendeheid en innovasie onder die land se top vroue wetenskaplikes en navorsers. Die geleentheid vereer nie net hul baanbrekerswerk nie, maar is ook daarop gemik om die volgende generasie jong vroue te inspireer om loopbane in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde te volg. Luidens ‘n plasing op sosiale media het een van die kategorie-wenners, Brenda Morrow, in 2022 geskiedenis gemaak as die eerste vrou en nie-geneesheer om as President van die Wêreldfederasie van Pediatriese Intensiewe en Kritieke Sorgverenigings te dien.






Comments