Die Lengau-toetssentrum heropen
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 5
- 1 min read
Die Lengau-toetssentrum in Bloemfontein heropen Dinsdag.
Dit volg na 'n tydelike sluiting deur die Departement van Arbeid weens veiligheidsredes.
Luidens ‘n mediaverklaring sal alle dienste beskikbaar wees, insluitend motorvoertuigregistrasie en lisensieskyfhernuwings, leerlinglisensie-aansoeke en -toetse, bestuurslisensie-aansoeke en -toetse asook die optel van nuwe bestuurslisensiekaarte.
Die skedulering van nuwe datums vir leerlinglisensietoetse sal voorkeur kry - kliënte sal direk gekontak word om te herskeduleer.







Comments