top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘Die lewering van menslike nedersettings is ’n grondwetlike verpligting’

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Die LUR vir die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (CoGTA) en menslike nedersettings, Saki Mokoena, sê die lewering van menslike nedersettings is nie bloot ’n konstruksieprogram nie, maar ’n grondwetlike verpligting om die reg op toegang tot voldoende behuising geleidelik te verwesenlik. Dit moet ook waardigheid herstel en lewensgehalte verbeter.


Free State World berig hy het onlangs kontrakteurs, konsultante en aktebesorgers by die Harry Gwala-multidoelsentrum in Sasolburg in die Vrystaat toegespreek oor kwessies rondom die aanhoudende versuim om menslike nedersettingsprojekte binne die voorgeskrewe tyd te lewer, asook die versuim om werk van gehalte te lewer. Daar is ook aandag gegee aan verskeie ander faktore wat bydra tot vertragings in die voltooiing van projekte in die provinsie.


Mokoena herhaal dat die departement kontrakte met vertroue aangaan met die verwagting dat prestasie bereik en geprioritiseer sal word. Kontrakteurs versuim egter om ooreengekome mylpale te haal, wat lei tot knelpunte in die registrasie van titelaktes.


Mokoena het die belangrikheid beklemtoon om bogenoemde streng maatreëls in plek te stel ten einde dissipline te verseker, geloofwaardigheid te herstel en ’n kultuur van goeie prestasie in die departement te bevorder.


Saki Mokoena. FOTO: Facebook
Saki Mokoena. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page