top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die liggaam van 'n 11-jarige drenkeling is uiteindelik gekry

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
48 minutes ago
1 min read

Die liggaam van 'n 11-jarige kind wat na bewering vroeër vandeesmaand verdrink het, is uiteindelik gevind.


Die kind is as vermis aangemeld nadat sy vriende hom glo in 'n rivier in Phuthaditjhaba in die Vrystaat sien verdrink het.


Volgens 'n polisieverklaring is verskeie pogings deur die polisie en die reddings- en duikerspan aangewend om sy liggaam op te spoor en te herwin, maar ongunstige weerstoestande het die soektog bemoeilik.


Gemeenskapslede het egter Dinsdag iets wat na ’n menslike liggaam gelyk het, om ’n boom in die rivier sien vassit. Hulle het die polisie onmiddellik in kennis gestel.


Die oorledene is deur sy oom positief geïdentifiseer as Letlogang Reitumetse Mokakuoa. ’n Geregtelike ondersoekdossier is geopen vir verdere ondersoek.


Die 11-jarige se liggaam word uit die rivier verwyder. FOTO: Verskaf
Die 11-jarige se liggaam word uit die rivier verwyder. FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page