Die liggaam van ‘n jong vrou is in ‘n veld gevind
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 1
- 1 min read
Die liggaam van 'n 22-jarige vrou is in 'n oop veld in die Grootvlei-omgewing in Bloemfontein aangetref.
Vrystaatse polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê 'n inwoner het op die liggaam afgekom toe hy na sy varke onderweg was.
Volgens Kareli dui voorlopige ondersoeke daarop dat die vrou aan 'n enkele skietwond aan haar linkerkaak gesterf het.
Van haar persoonlike besittings is 'n kort afstand van die toneel af gevind.
Die motief vir die moord is nog onbekend en die polisie versoek enigiemand met inligting om na vore te kom.








Comments