Die liggaam van 'n pasgeborene is in Qwaqwa gevind
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 29
- 1 min read
‘n Inwoner van die die Mabolela-dorp in Qwaqwa in die Vrystaat het menslike oorskot, wat vermoedelik dié van ‘n pasgebore baba is, in ‘n donga ontdek. Die owerhede is onmiddellik in kennis gestel.
Die polisie in Phuthaditjhaba doen ‘n beroep op die gemeenskap om hulp om enige verdagtes op te spoor.
‘n Saak van verberging van geboorte is geopen en ondersoeke duur voort.





Comments