top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die liggaam van ‘n vermiste vrou is in Bainsvlei gevind

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Die liggaam van ’n vermiste vrou is in ’n veld in Bainsvlei, Bloemfontein, gevind. Dit nadat sy dae tevore as vermis aangemeld is.


Die 52-jarige vrou is laas gesien toe sy haar huis verlaat het om lugtyd te gaan koop, maar nooit weer teruggekeer het nie.


Volgens polisiewoordvoerder, Mahlomola Kareli, is haar halfnaakte liggaam later in bosse ontdek nadat polisie ’n dringende oproep ontvang het.


’n Familielid het haar op die toneel geïdentifiseer.


'n Saak van moord word ondersoek, en die polisie volg alle beskikbare leidrade op.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page