Die liggame van twee toeriste is in die Krugerwildtuin gevind
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 23
- 1 min read
Die polisie in Limpopo ondersoek die moord op twee toeriste wie se liggame in die Krugerwildtuin gevind is.
Volgens die polisie is die liggame deur ander toeriste naby Crooks Corner by die samevloeiing van die Levubu- en Limpoporivier ontdek.
Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die man verskeie steekwonde aan sy bolyf opgedoen het, terwyl die vrou ook ernstige wonde aan haar bolyf gehad het wat vermoedelik met ʼn skerp voorwerp toegedien is.
Die slagoffers is vermoedelik laas vroeër die week by die Pafuri-piekniekterrein gesien nadat hulle by een van die kampe in die wildtuin aangekom het.
’n Groen Ford Ranger dubbelkajuit wat glo deur die slagoffers gebruik is, word steeds vermis.
Die polisie ondersoek sake van moord en kaping terwyl soektogte na verdagtes voortduur.








Comments